Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Met verskeie rolbalbane beskikbaar in die Mosselbaai-omgewing, is dit vir oud en jonk weer 'n plesier om sosiaal te kan verkeer, al moet dit volgens die Covid-19-regulasies gedoen word.
Rolbal is een van die sportsoorte wat by veral deur die ouer garde beoefen word. Vir baie van hulle is dit die enigste oefening wat hul kry.
Volgens Owen Calverley, president van die Mosselbaai-rolbalklub, is daar 'n diensbeampte wat toesien dat alle Covid-19-regulasies nagekom word. Lede moet ook voor die tyd 'n oefening bespreek. "Omdat die risiko by ouer mense baie groter is, is dit noodsaaklik dat die regulasies gevolg word," sê Calverley. Lourens Erasmus, wedstrydsekretaris van die Vista rolbalklub in Fraaiuitsig sê hulle laat byvoorbeeld nie besoekers toe om hul lede te beskerm. Net spelers word toegelaat nadat 'n plek bespreek is.
Lappies Labuschagne van die Hartenbos-rolbalklub het aan Mossel Bay Advertiser gesê dat na 17 weke is dit lekker om weer te kan speel, selfs al is dit net in pare. "Ons is egter baie dankbaar om weer ons sport te kan beoefen."
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'