Gallery
MOSSELBAAI SPORT NUUS - 'n Drag racing byeenkoms met 50 voertuie is Sondag, 16 Oktober op die Bartelsfontein-plaas net buite Mosselbaai gehou en het vir groot opwinding by die sowat 500 toeskouers gesorg.
Drag racing word beskryf as 'n versnelren oor 400m tussen twee voertuie.
FOTOGALERY: Drag racing byeenkoms
Volgens Kobus Botha, organiseerder van die versnelren, beplan hulle om elke twee maande 'n ren aan te bied om veral bewustheid te skep vir die Tuinroete Buitelug-Ekspo wat volgende jaar van 29 April tot 1 Mei op die Bartelsfontein-plaas, op die Herbertsdalepad gehou word.
'n Spesiale lisensie word benodig om so 'n versnelren aan te bied. Voertuie wat deelneem moet padwaardig wees en bestuurders moet 'n geldige rybewys hê.
Om mense se veiligheid te verseker, word geen drank toegelaat nie en nood-ambulansdienste is op gereedheidsgrondslag op die terrein.
Die baan op die Bartelsfontein-plaas waar die versnelren gehou is.
'n Spesiale lisensie word benodig om so 'n versnelren aan te bied. Voertuie wat deelneem moet padwaardig wees en bestuurders moet 'n geldige rybewys hê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'