SUID-KAAP NUUS - Ses van Tiger Kai se studente het aan die Battle of the Karoo-skopbokstoernooi in Oudtshoorn deelgeneem. Die kompetisie was baie moeilik en die hitte was 'n groot uitdaging, maar die studente het deurgedruk en hul beste gegee.
'n Kompetisie van hierdie kaliber hou die hele dag aan. Dit is daarom baie uitputtend vir die student, maar harde oefening en deeglike voorbereiding is altyd die moeite werd.
Met die studente se deelname is die eerste kompetisie van die jaar nou agter die rug. Daar is baie kompetisies wat gedurende die jaar nog voorlê en die studente is reeds besig om hard te oefen.
"Tiger Kai is baie trots op die studente en weet dat die regte motivering, oefening en determinasie hulle sal help tydens die res van die toernooie in 2019," sê Marulin Goodger van Tiger Kai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'