MOSSELBAAI NUUSFLITS - Annette van der Walt het die Mosselbaai sport en-rekreasiefees se Canasta-toernooi gewen.
Lydia Gous het die silwer medalje verower, met Irma van Wyk wat brons gewen het.
Die sportfees is nou in volle swang met motorsport, valskermspring, tennis, netbal en krieket as deel van die buitesportkodes wat vandag begin.
Binneshuis is skaak- en veerpyl-entoesiaste besig om mekaar die stryd aan te sê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'