TUINROETE | HESSEQUA SPORTNUUS - Koos Vaaltyn van Albertinia het vir homself 'n smaaklike Kersgeskenk uit die see getrek met 'n 16 kg kabeljou.
Vaaltuin sê hy het 45 minute gespook om die vis uit die water te trek.
Hy het 'n 17kg breekkrag-lyn met 'n nommer twee hoek gebruik. Hy het die kabeljou op 13 Desember op Kanon se rotse gevang.
"Dit was nie 'n maklike vangs nie," vertel die Albertinianer. Hy is ook met 'n redelik groot grunter beloon.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'