Die spankompetisie is deur OP gewen met SWD in die tweede plek gevolg deur Grens en die Vrystaat.
Die hardloopnommers is op die Westbourne Oval afgehandel en die swem in die nuut-oorgedoende Newton Park-swembad - die eerste byeenkoms in 18 maande in die swembad.
Vyf SWD-atlete het in die topvyf in hul onderskeie ouder-domsgroepe geëindig. Waarskynlik die hoogtepunt van die byeenkoms was Reinhard Haupt se skitterende tyd van 57,80 in die 100 m-vryslag. Wat dit soveel merkwaardiger maak, is dat hy eers vooraf aan die 2 000 m-wedloop deelgeneem het.
Die SWD se goue medalje-wenners was:
- Dogters o.9: Lia Kotze (2021).
- Seuns o.9: Luca Potgieter (2082).
- Dogters o.13: Trisha Policutte (2260).
- Seuns o.13: Eugene vd Merwe (2277).
- Seuns o.17: Reinhard Haupt (2217).
- Dames ope: Stephnie McKay (1838).
- Dogters o.13: Kirsten Barbour (2241).
- Seuns o.13: Gustav Schlechter (2129).
- Seuns o.15: André Kleyhans (2125).
- Dogters o.17: Yvonne du Plessis (2188).
- Seuns o.19: Dylan van Wyk (2197).
- Mans ope: Francois Maquassa (1807).

Eugene van der Merwe op pad na 'n goue medalje by die OP se interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Port Elizabeth. Agter hom draf Gustav Schlechter, wat 'n silwermedalje gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'