MOSSELBAAI SPORTNUUS - Op Vrydag, 27 November begin die Garden Route Outdoor Show, wat beskryf word as die Tuinroete se grootste ekspo in sy soort.
Dit vind plaas op Mosselbaai, 7km vanaf Herbertsdale.
Die ekspo skop Vrydag om 12:00 af en besoekers kan onder meer die biertent besoek, na 'n hondeskou kyk of deur plaaslike kunstenaars vermaak word.
Op Saterdag, 28 November vind die groot makietie plaas. Daar sal onder meer 'n fietswedren, boeresport, 'n slangvertoning, asook 'n kompetisie by die skietbaan aangebied word. Soos op die Vrydag, duur die skou tot om 20:00.
Op Sondag, 29 November skop die eerste aktiwiteite om 09:00 af. Uitstallers sal steeds op die terrein wees en besoekers kan aan 'n gelukkige trekking deelneem.
Kontak 082 335 8231 of besoek www.gardenrouteexpo.co.za
Buitelug-entoesiaste kan uitsien na verskeidenheid en groot vermaak by die opkomende Garden Route Outdoor Show wat vanaf 27-29 November op Bartelsfontein buite Mosselbaai gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Mossebaai, Tuinroete nuus'