Hulle het ook aan die onlangse SWD-Toutrekkampioenskappe op George deelgeneem en is vanaand ook deel van die Herbertsdale-insetsel op Pasella (19:30 op SABC 2).

Agter is mnr Marius Arendse, die aanvoerder van die 280kg span, saam met sy span, en voor is die 220kg spannetjie, met hul brons medaljes wat hulle tydens die SWD kampioenskappe verower het.