MOSSELBAAI NUUS - ‘n Kwalifiseerder vir die wêreldmuurbalkampioenskap skop vandag, 7 April, op Mosselbaai af.
Die toernooi vind van vandag tot Donderdag, 10 April, by die Mosselbaai-muurbalklub plaas.
Deelnemers sluit spelers van Egipte, Namibië, Nigerië en Suid-Afrika in.
Die organiseerder en voormalige SA kampioen, JP Brits, sê hy is dankbaar vir al die ondersteuning vir die toernooi en opgewonde om te sien hoe ons topspelers gaan groei deur hierdie geleentheid.
Die publiek word ook uitgenooi om topgehalte muurbal by die toernooi te kom kyk.
Die eerste wedstryde begin vanmiddag om 14:45.
Program:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’