MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die duiwe van die Diaz All Flightklub het die afgelope naweek aan twee wedvlugte vanaf Groblershoop (588km) deelgeneem.
Dit was weer Jerry van der Mescht wat voor gevlieg het en verower hy die eerste plek in die klub se ope 1 afdeling.
Larry van Vuuren behaal die tweede plek, gevolg deur Van der Mescht in die derde en Alfie Ladson in die vierde plekke.
Die klub se ope 2 afdeling word gewen deur 'n duif van Tom en Louise Swart. Van der Mescht was kort op hulle hakke met die tweede plek. Fanie Ackerman behaal die derde en Van Vuuren die vierde plekke.
In die dorpseksie se ope 1 afdeling vaar Van der Mescht besonders goed deurdat hy die eerste, tweede en vierde plekke verower. Ladson behaal die derde plek.
Tom en Louise wen die dorpseksie se ope 2 afdeling, gevolg deur Van der Mescht in die tweede en Morné Robertson in die derde plekke.
Uitslae
Klub ope 1
Van der Mescht (1, 3, 8); Van Vuuren (2, 5, 17, 26); Ladson (4, 10, 23); Joe Lemos (6, 7, 11, 13, 25, 28, 29, 30); Kiara Nel (jnr) (9); T&L Swart (12, 14, 22); Sunday Montero (15, 16, 27); Ackerman (18, 19, 21); Chris Nel (20, 24).
Klub ope 2
T&L Swart (1, 20, 26); Van der Mescht (2, 18, 27); Ackerman (3, 9, 12, 21); Van Vuuren (4, 5, 10, 15, 23); Montero (6, 16, 25, 30); Robertson (7, 19); Ladson (8, 22); Nel (11, 13, 24); Lemos (14,28,29) Kiara Nel (17).
Dorp ope 1
Van der Mescht (1, 2, 4); Ladson (3, 6, 11, 14); Kiara Nel (5, 13); T&L Swart (7, 8, 10); Nel (9, 12, 15).
Dorp ope 2
T&L Swart (1, 10, 13, 15); Van der Mescht (2, 8, 14); Robertson (3, 9); Ladson (4, 11); Nel (5, 6, 12); Kiara Nel (7, 16).
Hierdie naweek se wedvlugte sal weer vanaf Groblershoop plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'