Dit plaas die kroon op die harde werk wat die afgelope klompie jare deur die Uitvoerende Bestuur, alle sportfederasies en die puik prestasies van sportpersone uit die SWD ingesit is.

Tydens die oorhandiging verskyn, saam met die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake & Sport, Dr Ivan Meyer, van links na regs, Goliath Munro [Voorsitter], Christelle Johannes [Tesourier], Dr Ivan Meyer, Amanda Stripp [waarnemende sekretaris], Desmond Speelman [Vise-voorsitter] en Dave van der Walt [vorige sekretaris].