Gallery Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Suidkus 4x4 het op Sondag, 30 April, die skilderagtige natuur by Bow & Arrow 4x4 roete geniet.
Die groep kon nie uitgepraat raak oor die natuurskoon, die mooi roete en die ongelooflike spyskaart van die restaurant nie.
Die 4x4 roete beweeg deur klowe, plato, riviertjies, geelhoutboom-woud en daar is selfs op die spoor van ‘n luiperd afgekom.
Van die groeplede moes natuurlik ook hul voertuie toets teen die walletjies en deur die slote, wat groot plesier verskaf het.
FOTOGALERY: Suidkus 4x4 geniet die natuur by Bow & Arrrow 4x4 roete
As jy oor ‘n 4x4 beskik, is Bow & Arrow ‘n roete om deel van jou emmerskoplys te maak.
Kontak gerus Suidkus 4x4 groep vir toekomstige byeenkomste deur ‘n Whatsapp te stuur. (Sias Karsten 083 300 1063, Arthur Reyneke 064 524 8307 of Hertzog Theron 076 609 4734).
VIDEO: Suidkus 4x4 ry Bow & Arrow
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’