Neels Meyer is as voorsitter verkies met Louis Welman as sekretaris.
Die ander bestuurslede is Wynand Fourie (bestuurder senior opleiding en skietdae), Alvin Hayes (president), Deon Greyling (streekbestuurder: Karoo-Sentraal/Noord), Wilhelm Zietsman (streekbestuurder: Kus-Wes), Arthur Lilford (streekbestuurder: Kus-Oos), Len Nel (bestuurder Natuurbewaring/Rekreasie), Gert Lerm (streekbestuurder: Karoo-Wes), Mike Huber (bestuurder Admin/Tesourie) en Gideon Joubert (streekbestuurder: Karoo-Oos).
Volgens Meyer is natuurbewaring, junior- en senior skiet- en jagopleiding hoog op die prioriteitslys.
"Op die 2013-spyskaart is ook 'n natuur-fotografienaweek, verskeie vleisverwerkingskursusse, 'n byedag in die Klein-Karoo, 'n interessante gesinsnaweek waar grondtipes en daarby-aangepaste plantegroei ondersoek gaan word en 'n baie interessante skattejag (alles natuurlik natuurverwant) deur die streek met voertuig en GPS waar deelnemers gaan deelneem aan verskillende aktiwiteite met groot pryse vir die wenners," sê Meyer.
Vir meer inligting oor die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging kan Melinda Bosch by die SJB-kantoor (044 695 2319) gekontak word of besoek hulle webtuiste by www.suidkaapjagters.co.za.

Die bestuurslede is van links (voor) Louis Welman (sekretaris), Wynand Fourie (bestuurder senior opleiding en skietdae), Alvin Hayes (president) en Neels Meyer (voorsitter). Agter: Deon Greyling (streekbestuurder: Karoo-Sentraal/Noord), Wilhelm Zietsman (streekbestuurder: Kus-Wes), Arthur Lilford (streekbestuurder: Kus-Oos), Len Nel (bestuurder Natuurbewaring/Rekreasie), Gert Lerm (streekbestuurder: Karoo-Wes). Afwesig: Mike Huber (bestuurder Admin/Tesourie) en Gideon Joubert (streekbestuurder: