TUINROETE NUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se algemene jaarvergadering en bestuursverkiesing het op Saterdag, 4 November by die Emmaüs-sentrum op George plaasgevind.
Tydens die jaarvergadering is 'n nuwe bestuur verkies wat die leisels gedurende 2018 moet hou en sorg dat die vereniging op die regte pad bly.
'n Bedrywige jaar lê voor wat groot uitdagings aan die bestuur gaan stel, verskeie skietdae, 'n vleisverwerkingskursus en 'n kursus in die beheer van plaagdiere word in die vooruitsig gestel.
Louis Welman is tot president verkies met Wynand Fourie as voorsitter.
Verskeie toekennings en sertifikate is tydens die geleentheid oorhandig aan lede wat gedurende die jaar presteer het.
Neels Meyer en Arthur Lilford is vereer vir hulle jarelange verbintenis met SJB, beide van hulle het vir jare op die bestuur gedien en was deel van die span wat SJB uitgebou het tot waar dit vandag is.
SJB se bestuur wil ook van die geleentheid gebruik maak om sy lede, asook nie-lede uit te nooi om in te skryf vir die jaarlikse ghong-uitdaging wat op 18 November naby De Rust plaasvind.
Die kompetisie gaan in spanverband aangebied word en elke span bestaan uit vier skuts.
Tydens die jaarvergadering is 'n nuwe bestuur verkies.
Vir meer inligting oor skietdae en kursusse kan die SJB-kantoor gekontak word by 044 695 2319, die webtuiste kan besoek word (www.suidkaapjagters.co.za) of e-posse kan gestuur word na info@suidkaapjagters.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'