MOSSELBAAI NUUS - Aflosspanne het gisteraand met oorgawe aangetree vir die Mosselbaai Mall se Straatmyl wat in samewerking met Kansa aangebied word.
Die koue windjie het gesorg daarvoor dat spanne goed opgewarm het en dienooreenkomstig was daar ‘n besonderse goeie gees onder die deelnemers.
Vanjaar het die Mosselbaai-munisipaliteit behoorlik ‘n voorbeeld gestel deur die meeste spanne vir die geleentheid in te skryf.
Danica Barnard, veelbekroonde skoonheidstitelhouer en Daantjie Kat was ook daar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'