Gallery Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Lede van die St Blaize Radiobeheerde vliegtuigklub het hul eerste fly-in sedert die Covid-19 inperkings op Saterdag, 19 September met groot sukses gehou.
Radiobeheerde-vliegtuigvlieëniers van Mosselbaai, George, Oudtshoorn, Riversdal en Kaapstad het by die klub oorkant die Mosselbaai-lughawe in Alwyndal vir die Na Lockdown Fly-In byeengekom.
Volgens Nico Erasmus, voorsitter van die St Blaizeklub is dit die eerste byeenkoms in die omgewing en was die belangstelling van oraloor baie goed en die opkoms by die klub bo verwagting.
Fotogalery: St Blaize eerste fly-in sedert inperking
Met die vluglyn propvol vliegtuie van opleidingsvliegtuie, akrobatiese vliegtuie, sweeftuie tot tuisgemaakte polistiren (polystyrene) tuigies wat kan vlieg, asook helikopters het die manne die goeie weer benut en was daar elke minuut iets in die lug om te aanskou.
Volgens Erasmus sal daar meer sulke byeenkomste in die toekoms gehou word en enigiemand is welkom by die klub.
Kyk 'n video hieronder.
'n Paar van die radiobeheerde vlieëniers wat die fly-in by die St Blaize Radio Flyers bygewoon het. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'