Alhoewel hierdie dag 'n uiters gewilde jaarlikse instelling is, bied dit ook 'n platform vir verskeie ander bewusmakingsaktiwiteite, soos onder andere die sportdag aangebied deur Maatskaplike Ontwikkelling en ander rolspelers, in KwaNonqaba aangebied.
Die KwaNonqaba binnenshuise sentrum word onder meer gebruik vir die weeklikse basketbaloefeninge van 'n groep gestremdespelers.
'n Sportdag vir gestremdes word ook op 7 Oktober hier aangebied as deel van die Sportfees.
Verskeie spanne, bestaande uit SAPD-lede van Da Gamaskop, Mosselbaai en KwaNonqaba asook Curro Privaatskool, is as deel van 'n Loslitdag-program verlede Vrydag uitgedaag met saam met die APD (Vereniging vir Persone met Gestremdhede), Curare Sport en die ACVV Kenani se Beskermende Werkswinkel basketbal te speel.
Volgens Alma Kritzinger was die dag daarop gemik om nie-gestremdes bloot te stel en bewus te maak van die uitdagings wat gestremdes daagliks in die gesig staar, veral in die beoefening van sport, aangesien al die deelnemers in rolstoele moes wees.
Sewe wedstryde is in totaal gespeel.
Kapt Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die SAPD Da Gamaskop, 'n kranige rolbalspeler, het ook aan die geleentheid deelgeneem.
"Ten spyte van die seer armspiere die volgende dag en die frustrasie wat ek soms tydens die wedstryd ervaar het om vinnig genoeg te kan beweeg, was die ervaring groot pret."
Ao Pieter Koekemoer, kommunikasiebeampte van die SAPD Mosselbaai, wat ook gestremd is, het vir die polisiespan gespeel.
Enige gestremde persone wat betrokke wil raak by sportaktiwiteite kan Ao Koekemoer kontak by 082 302 8546.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'

Spanne bestaande uit gestremde persone en nie-gestremde persone gewikkel in 'n taai stryd om 'n doel aan te teken tydens 'n sportprogram aangebied op Loslitdag. Foto's: Mariska Visagie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'