SPORTNUUS - Groot gees het op Saterdag, 25 Maart by Hoërskool Punt geheers tydens die skool se sportbyeenkoms teen Hoërskool Hugenote.
Leerders het by die Van Riebeeckstadion in Mosselbaai aan hokkie, netbal en rugby deelgeneem.
Punt se rugbyspelers in aksie. Die o/19 A-span het Hugenote met 'n telling van 15-10 verslaan.
Punt se netbalspelers het sterk verdedig en het die meerderheid van hulle wedstryde gewen.
Hokkiewedstryde het op die skool se astrobaan plaasgevind.
Die o/14 A-hokkiespan se seuns glimlag breed na afloop van hulle wedstryd. Hulle het die wedstryd teen Hugenote met 2-1 gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’