Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Hartenbos Bejaardesorg het Donderdag, 25 Augustus hulle jaarlikse sportdag vir bejaardes by die NG kerksaal in Hartenbos gehou. Dit is weens Covid-19 die eerste keer dat die sportdag weer gehou word sedert 2019.
Daar was 20 speletjies onder andere kegelbalgooi, ringtennis, put-put, veerpyltjies, rugbybal-gooi, eiers-gooi en verskeie ander speletjies. Na opening deur Johan Jacobs, bestuurder van die Hartenbos-versorgingsoord, het die pret begin.
Sewentien spanne het ingeskryf waaronder Hartenrus, Albertinia-versorgingsoord, Huis Stilbaai, Hartenbos-versorgingsoord, NG-gemeente Reebok, Brandwacht en verskeie dienssentrumspanne.
FOTOGALERY: Sportdag by Hartenbos Bejaardesorg
"Dit was 'n heerlike sosiale oggend van lag, gesels en selfs so af en toe skreeu ook," het Rina Fourie, organiseerder aan Mossel Bay Advertiser gesê.
Daar is lekker koffie en tee geniet saam met muffins en so af en toe 'n slukkie water vir lafenis. Na afloop van die verrigtinge is die bejaardes getrakteer met vetkoek, kerriemaalvleis en oliebolle.
VIDEO - Bejaarde sportdag groot pret:
Met 20 interessante speletjies kon deelnemers aan die bejaardes se sportdag hul lywe sommer jonk hou. Foto: Jannie du Plessis
Altyd reg vir 'n uitdaging. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'