MOSSELBAAI NUUS Die afgelope naweek se Game of Throws se spiesgooi-byeenkoms, wat deur Eden Atletiek bestuurspan aangebied is, was 'n groot sukses.
Atlete het op Vrydag, 2 Junie, die tweede ronde van hul byeenkoms in Heiderand op die hoek van Melkhout- en Sederstraat oorkant die Heiderand Mall bygewoon.
Atlete van alle ouderdomme het die geleentheid gehad om aan die spiesgooi-item deel te neem.
Anke Boshoff (D14) het haar wenafstand die akuraatste geskat. Sy het ook op die dag die hoogste telling op die puntetabel van Athletic Performance Evaluation (APE) behaal.
Boshoff kwalifiseer saam met Zach Olivier (S13), JD de Jager (D12) en Lihan Lategan (S13) om op 1 September in die eindronde in aksie te wees.
Die volgende Game of Throws is vir die hamergooiers bedoel en vind op 21 Julie plaas. Atlete wat aan dié byeenkoms wil deelneem kan Jannie Nel kontak (083 265 0798).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’