SUID-KAAP NUUS - Die voorsitter van die Eden-sportraad, Desmond Speelman, is verkies tot bestuurder van die 20 man SA o.18-bofbalspan.
Die span sal van 1 tot 10 September aan die o.18-bofbal-wêreldkampioenskappe in Thunder Bay, Kanada deelneem. Die span se afrigter is Dean McKinon.
Hulle is die enigste Afrika-span wat aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem.
Die span is opgedeel in groep B en sal in die uitspeelrondes teen Japan, VSA, Kuba, Mexiko en Nederland speel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'