MOSSELBAAI NUUS - Drie maal 'n jaar kompeteer die sosiale jukskeispanne in die Suid-Kaap teen mekaar. Die Ooste wat bestaan uit spelers van Groot-Brakrivier, Danabaai, Boggomsbaai en Gouritzmond speel teen die Weste wat bestaan uit spelers van Stilbaai, Jongensfontein en Riversdal. Daar word ook teen Hartenbos, wat liga speel, meegeding.
Op Vrydag, 24 Augustus het 18 sosiale spanne (72 spelers) op Hartenbos gespeel. Spanne word saamgestel uit al die verskillende "klubs". 'n Gesonde sportmangees het onder die spelers geheers en as die tellings vergelyk word is dit duidelik dat daar sterk gekompeteer is oor wie met die louere sou wegstap.
Die uitslae is soos volg:
- A-afdeling: Hartenbos 45, Ooste A2 33½, Ooste A2 31½, Ooste A3 25 en Weste A 15
- B-afdeling: Hartenbos B 40½, Weste B 31 Ooste B2 29½, Ooste B1 26, Ooste B3 23.
- C1-afdeling: Ooste c7 36, Weste C1 32½, Ooste C1 32, Ooste C3 28 Ooste C5 21½.
- C2-afdeling: Weste C2 (Danabaai) 34½, Ooste C26 32½, Ooste C2 31½, Ooste C4
- 31 en Ooste C8 20½
Die volgende kompetisie word weer in Desember op Gouritzmond gespeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'