Ao Tommie Kleynhans, Sektor 2-bevelvoerder het met die idee vorendag gekom en met die hulp van 'n komitee uit Sonskynvallei en lede van die Sektor 2-gemeenskapveiligheidsforums, was die reëlings sommer spoedig in plek gewees.
"Ons het op Boeresport besluit omdat dit so koste-effektief aangebied kan word. Dis min moeite om 'n paar streepsakke in die hande te kry vir sakresies of tou vir driebeenresies en toutrek," sê ao Kleynhans.
Hy is ook van mening dat hierdie inisiatief daarop gerig is om weer 'n sportkultuur onder die jeug te vestig.
"Kinders in ons gemeenskappe het verleer om hierdie tipe sport te beoefen en ek is van opi-nie dat as ons dit weer kan hervestig, ons dalk daarin kan slaag om hulle weer konstruktief besig te hou, in plaas daarvan om van ledigheid in misdaad betrokke te raak."
Ao Kleynhans het ook gesê dat hulle hierdie sportdae en -aktiwiteite moontlik wil uitbrei na ander areas landelike areas in die sektor soos Brandwag.
Die dag se aktiwiteite het uiteindelik eier-in-die-lepel-, sak- en driebeenresies, toutrek, en selfs 'n paar naellope ingesluit.
Van die plaaslike rugbyspanne het mekaar oor die stryd aangesê.
Volgens kapt Wollie Fourie, wat as fasiliteerder opgetree het tydens die sportdag, het van die heelwat ouer lede van die gemeenskap ook aan van die naellope deelgeneem.
Die gee van verskeie pryse het bydra tot 'n feestlike atmosfeer en veral die kinders was sommer baie in hulle skik met die FIFA Wêreldbekersokkertoernooi-plakkers wat hulle ontvang het.
Die SAPD Da Gamaskop bedank die Mosselbaai Munispaliteit vir hulle samewerking, by name Raadslid Jim van der Merwe; pastore Paul Alers van die AGS Charisma in Hartenbos en Marthinus Diedericks van die Choice Youth Movement; die Mosselbaai Brandweer asook verskeie lede van die Sektor 2-gemeenskapsveiligheidforums.
PHOTO GALLERY
Die 'skoner' geslag het ook hulle man gestaan met die toutrekkery.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'