STILBAAI NUUS - Stilbaai-hengelklub het die Eden-hengelassosiasie se sesde ligakompetisie gewen.
Die hengelaars het Saterdag, 2 Februarie van 07:00 tot 15:00 in die Boggomsbaai-omgewing lyne natgemaak.
Die grootste oneetbare vis, 'n 54.36kg bullrog-pylstert is ingeweeg deur Kyle Small van Knyna-hengelklub.
Die grootste eetbare vis, 'n 10.87kg kabeljou, is uitgehaal deur Mark Bester van Outeniqua-hengelklub in George. Small was dan ook die top hengelaar én top o/21-hengelaar van die dag. Die beste vrouehengelaar was Marriette Westraadt van Stilbaaiklub met 32.59 punte.
Die top o/16-hengelaar was Juanco Boshoff van Tritonklub in Mosselbaai met 27.40 punte. Jacobus de Jager van Atlantic-hengelklub se 45.78 punte het hom die top meester gemaak met Willie Vorster van Stilbaai as die beste grootmeester met 25.73 punte.
Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Punte na die sesde liga is soos volg:
A-liga
Stilbaai: 708.18
Knynsa: 595.44
Outeniqua: 577.72
Triton: 573.81
George: 530.93
Atlantic: 530.33
Mosselbaai: 183.13
B-liga
Stilbaai: 441.04
Triton: 402.24
Knynsa: 286.79
Outeniqua: 274.79
George: 268.59
Atlantic: 231.34
Mosselbaai: 117.48
C-liga
George: 140.38
Knynsa: 70.55
Atlantic: 62.07
Outeniqua: 49.38
Triton: 34.03
Stilbaai: 27.85
Dehan Raal met 'n 109cm sandhaai.
Kyle Small se 54.36kg bullrog-pylstert.
Brain Fuchs met 'n hondhaai van 19.6kg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'