TUINROETE SPORT NUUS - Saterdag se skietkompetisie van die Neill Calitz-skietklub het in 'n baie aangename atmosfeer plaasgevind en topskuts soos Gert Nel, Willie Germishuys, Hannes Ingram en Suzette Herrer moes hard spook vir topposisies.
Twee van die klub se voorste skuts herstel tans weens ernstige siekte en kon nie Saterdag se kompetisie bywoon nie. Eugene Barnard kry tans bestraling en Chris Boshoff het 'n groot rugoperasie ondergaan. Hulle word baie sterkte toegewens
Sterk teenstand is in beide die superliga en die grootuitdaagliga van die Garden Route Aquablast-skietkompetisie ondervind met Gert Nel die nuwe voorloper in die grootuitdaagliga.
Dié kompetisie word oor vier maande aangebied met die tweede een wat Saterdag plaasgevind het.
Superliga
In die superliga is Suzette Herrer steeds voor met 29 punte gevolg deur Willie Germishuys met 25 punte, Hannes Ingram (21), Bennie van den Heever (19), Calie Brown (17), Mariska van Wyk (14), Marius van Wyk (10) en Chris Boshoff (8). Hierdie skuts kompeteer almal van 'n nul voorgee.
Vier van dié skuts kon weens ander verpligtinge nie Saterdag deelneem nie.
Die uitslae is:
10m: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer; 3. Hannes Ingram; 4. Calie Brown.
20m: 1. Hannes Ingram; 2. Suzette Herrer; 3. Calie Brown; 4. Willie Germishuys.
20m-snel: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 4. Calie Brown.
Grootuitdaagliga
In die grootuitdaagliga is Gert Nel die nuwe voorloper met 39 punte. Hierdie skuts kompeteer van hul gewone voorgee.
Sommige van die skuts in hierdie afdeling kon ook nie Saterdag deelneem nie terwyl ander weer vir die eerste keer deelgeneem het.
Die uitslae is:
10m: Ivan Maddison (3 voorgee); 2. Johanna Germishuys (4); 3. Gerrie Bester (3) en Johan Kemp (4); 5. Gert Nel (5); 6. Sandy Uys (15); 7. Johan Uys (4); 8. Liam Brown (12).
20m: 1. Gert Nel; 2. Sandy Uys; 3. Gerrie Bester; 4. Ivan Maddison en Johanna Germishuys; 6. Johan Kemp; 7. Liam Brown; 8. Johan Uys.
20m-snel: 1. Gert Nel; 2. Gerrie Bester; 3. Sandy Uys; 4. Johanna Germishuys; 5. Ivan Maddison; 6. Liam Brown; 7. Johan Uys en Johan Kemp.
Punte: 1. Gert Nel (39); 2. Gerrie Bester (36); 3. Ivan Maddison (35); 4. Sandy Uys (24); 5. Elmarie Maddison (20); 6. Johan Uys en Johanna Germishuys (17); 8. Liam Brown (11); 9. Soekie Boshoff en Johan Kemp (10).
Ander uitslae
Uitslae van die top vyf posisies van die maandelikse skiet is:
10m: 1. Willie Germishuys; 2. Ivan Maddison en Suzette Herrer; 4. Johanna Germishuys; 5. Hannes Ingram.
20m: 1. Gert Nel; 2. Hannes Ingram; 3. Suzette Herrer; 4. Sandy Uys; 5. Calie Brown.
20m-snel: 1. Willie Germishuys en Gert Nel; 3. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 5. Donovan Day.
10-20m silhoeëtte: 1. Johan Uys en Hannes Ingram; 3. Suzette Herrer; 4. Johanna Germishuys, Liam Brown, Gert Nel, Johan Kemp en Gerrie Bester.
20m silhoeëtte: 1. Willie Germishuys, Gerrie Bester en Johan Kemp; 4. Suzette Herrer; 5. Johanna Germishuys, Liam Brown, Calie Brown, Johan Uys en Ivan Maddison.
9mm: 1. Ivan Maddison; 2. Willie Germishuys; 3. Calie Brown; 4. Johan Uys; 5. Johan Kemp.Spanne: 1. Willie en Sandy, Calie en Gert en Liam en Johan Kemp; 4. Gerrie en Suzette en Ivan en Johanna; 6. Johan Uys en Hannes.
Die volgende Garden Route Aquablast-kompetisie en Mei-byeenkoms vind op Saterdag, 4 Mei plaas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'