MOSSELBAAI NUUS - Heerlike weersomstandighede en skitter-vertonings deur skuts was Saterdag se kenmerk tydens die maandelikse skietkompetisie van die Neill Calitz-skietklub.
Suzette Herrer, Hannes Ingram en Bennie van den Heever (almal nul-voorgee) het mekaar goed opgedreun.
Bennie het drie dissiplines gewen en Suzette en Hannes beide twee. Die skiet na metaal-silhoeëtte het Bennie egter geknou en die ander twee toegelaat om hom in te haal.
Alle skuts het baie goed gevaar. Suzette en Bennie was gesamentlik eerste in die pistoolskiet oor 10m terwyl Hannes die 20m gewen het. In die 20m-snelvuur het Bennie vir Suzette met drie punte gewen.
Ivan Maddison het met die metaal-silhoeëtte sy stem dik gemaak en baie goed gevaar deur in hierdie twee dissiplines te seëvier. Donovan Day het saam met Ivan in een van die dissiplines geseëvier. Met die 9mm oor 10m het Bennie weer sy staal gewys en die wenposisie ingepalm.
'n Baie goeie gees het geheers en toekomstige kompetisies beloof om baie interessant te wees.
Uitslae
.22 oor 10m: 1. Bennie van den Heever en Suzette Herrer; 3. Hannes Ingram; 4. Donovan Day; 5. Ruaan Brand; 6. Gerrie Bester; 7. Ivan Maddison.
.22 oor 20m: 2. Hannes Ingram; 2. Bennie van den Heever en Suzette Herrer; 4. Ruaan Brand; 5. Donovan Day; 6. Gerrie Bester; 7. Ivan Maddison.
.22-snel oor 20m: 1. Bennie van den Heever; 2. Suzette Herrer; 3. Donovan Day; 4. Ivan Maddison; 5. Gerrie Bester; 6. Ruaan Brand; 7. Hannes Ingram.
10-20m metaal-silhoeëtte: 1. Ivan Maddison en Donovan Day; 3. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 5. Gerrie Bester en Ruaan Brand; 7. Bennie van den Heever.
20m metaal-silhoeëtte: Hannes Ingram, Suzette Herrer en Ivan Maddison; 4. Gerrie Bester en Bennie van den Heever; 6. Ruaan Brand.
9mm oor 10m: 1. Bennie van den Heever; 2. Hannes Ingram; 3. Gerrie Bester; 4. Suzette Herrer en Ivan Maddison; 6. Ruaan Brand.
Skietoefening
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 16 Maart vanaf 09:00 plaas.
Vir enige navrae oor die klub kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'