SPORTNUUS - Agt skuts het Woensdagoggend, 17 Augustus die koue wind trotseer om aan die Neill Calitz-skietklub se maandelikse skietoefening op die Pienaar-skietbaan deel te neem.
Vier van die skuts het 90+ uit 'n 100 punte met die .22 oor 10m aangeteken met Suzette Herrer se 97/100 die beste vir die dag.
In die 9mm afdeling het Calie Brown die beste gevaar met 48/50.
Uitslae met die .22 is:
- Suzette Herrer;
- Willie Germishuys en Calie Brown;
- Gert Nel;
- Hans Willemse;
- Liam Brown;
- Johanna Germishuys en Rob Cummig.
Uitslae met die 9mm:
- Calie Brown;
- Willie Germishuys;
- Johanna Germishuys en Hans Willemse;
- Gert Nel.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 14 September en die skietkompetisie op Saterdag, 3 September vanaf 09:00 tot 12:00 plaas.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'