MOSSELBAAI NUUS - 'n Uiterse geslaagde skietkompetisie van die Neill Calitz-skietklub het Saterdag plaasgevind. Dit was die eerste vir 2022 en 15 skuts het in 'n sterk suidoostewind meegeding.
Hoewel die skuts moet kophou in die sterk wind, is uitstekende prestasies gelewer.
Die klub het ook besoek gehad van 'n besoekende Fillipynse-skut. Marilyn Holtslag het as gas van klublid, Johan Uys aan die dag se verrigtinge kom deelneem en dit terdeë geniet.
Bennie van den Heever het oor 10m 'n prag 96/100 met die .22 pistool geskiet. Calie Brown, Suzette Herrer en Willie Germishuys het met 95/100 sterk kompetisie gebied en gesamentlik in die tweede plek geëindig.
Oor 20m het Willie en Suzette saam eerste geëindig (88/100) met Bennie (87/100), Calie (86/100) en Johan Uys (85/100) onderskeidelik 3de, 4de en 5de. Willie behaal 'n skitterende telling in die snelvuur oor 20m met Suzette en Hannes Ingram gesamentlik in die tweede plek.
In die 10 tot 20m metaal silhoeëtte het Hans Willemse verras deur 4/5 silhoeëtte in die toegelate tyd plat te skiet. Johanna Germishuys en Bennie was die naaste aan Hans met 3/5.
In die 9mm oor 10m skiet Bennie 'n prag voltal (50/50) wat sekerlik die prestasie van die dag was. Gerrie Bester en Hans was die naasbestes met 46/50.
Uitslae
Die uitslae van die toernooi is as volg:
.22 oor 10m: 1. Bennie van den Heever; 2. Willie Germishuys, Calie Brown en Suzette Herrer; 5. Hannes Ingram en Ivan Maddison; 7. Hans Willemse; 8. Liam Brown; 9. Johanna Germishuys; 10. Gerhard Myburgh; 11. Gerrie Bester; 12. Johan Uys; 13. Samsodien September; 14. Gert Nel; 15. Marilyn Holtslag.
.22 oor 20m: 1. Willie Germishuys en Suzette Herrer; 3. Bennie van den Heever; 4. Calie Brown; 5. Johan Uys; 6. Gerrie Bester; 7. Hannes Ingram; 8. Gerhard Mymurgh; 9. Gert Nel; 10. Ivan Maddison; 11. Hans Willemse; 12. Liam Brown; 13. Johanna Germishuys; 14. Samsodien September; 15. Marilyn
.22 snelvuur oor 20m: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 4. Gert Nel; 5. Calie Brown; 6. Hans Willemse; 7. Ivan Maddison; 8. Bennie van den Heever; 9. Gerrie Bester; 10. Johanna Germishuys; 11. Gerhard Myburgh; 12. Johan Uys; 13. Liam Brown; 14. Marilyn
9mm oor 10m: 1. Bennie van den Heever; 2. Gerrie Bester en Hannes Ingram; 4. Gert Nel; 5. Calie Brown, Willie Germishuys en Suzette Herrer; 8. Hans Willemse en Johanna Germishuys; 10. Ivan Maddison; 12. Johan Uys; 13. Samsodien September.
Metaal silhoeëtte oor 10 tot 20m: 1. Hans Willemse; 2. Johanna Germishuys en Bennie van den Heever; 4. Gert Nel, Calie Brown en Willie Germishuys; 7. Suzette Herrer en Liam Brown.
Skietoefening
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 16 Februarie plaas en dan weer op Woensdag, 16 Maart. Die volgende kompetisiedag vind op Saterdag, 5 Maart plaas. Oefen- en kompetisiedae begin omstreeks 09:00 en duur tot om ongeveer 12:30.
Daar sal ook met wind- en .22-gewere geskiet word. Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'