SPORTNUUS - Hannes Ingram en Suzette Herrer het Saterdag, tydens die Neill Calitz Skietklub se maandelikse skietkompetisie op die Pienaarskietbaan, vir twee skitter vertonings gesorg toe Hannes 'n voltal (50/50) met die 9mm oor 10m geskiet het en Suzette al vyf die metaal silhoeëtte in dié item plat geskiet het.
Beide dié skuts skiet van 'n nullo voorgee af.
Suzette is dan ook die skut van die dag met 37 punte gevolg deur Gerrie Bester (35) in die tweede plek en Calie Brown (32) in die derde plek.
Calie, wat weens 'n siekbed nie aan die vorige skietkompetisie kon deelneem nie, het Saterdag 'n puik 127/150 in die snelvuur oor 20m aangeteken terwyl Gerrie Bester in elke item goed vertoon het en met die eerste plek oor die 20m spog.
Gerhard Myburgh wat verlede jaar laas aan kompetisies deelgeneem het, het in die eerste paar items gesukkel om aan die gang te kom maar sy oog gou weer in die visier gekry en spog met 'n puik eerste plek met die .22 oor 10m.
Nog 'n lid wat die laaste paar maande baie goed presteer en 'n bewys is van deursettingsvermoeë en harde oefening, is Liam Brown.
Liam het so paar jaar gelede op 'n 15 voorgee begin en skiet tans van 'n 4 voorgee af en sorg met elke skietdag vir 'n verrassing. Hy het die afgelope Saterdag vier van die vyf metaal silhoeëtte platgeskiet en sy pa, Calie wat van 'n nullo voorgee skiet, geklop.
Uitslae
- .22 oor 10m: 1. Gerhard Myburgh; 2. Calie Brown; 3. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 5. Gerrie Bester; 6. Donovan Day; 7. Liam Brown; 8. Ivan Maddison; 9. Renate Myburgh.
- .22 oor 20m: 1. Gerrie Bester; 2. Suzette Herrer; 3. Ivan Maddison; 4. Donovan Day; 5. Hannes Ingram; 6. Liam Brown; 7. Calie Brown; 8. Gerhard Myburgh; 9. Renate Myburgh.
- .22 snelvuur oor 20m: 1. Calie Brown; 2. Suzette Herrer; 3. Ivan Maddison; 4. Donovan Day; 5. Gerrie Bester; 6. Liam Brown; 7. Hannes Ingram; 8. Gerhard Myburgh; 9. Renate Myburgh.
- Metaal silhoeëtte 10m tot 20m: 1. Suzette Herrer; 2. Gerrie Bester, Liam Brown en Donovan Day; 5. Calie Brown, Hannes Ingram, Ivan Maddison en Gerhard Myburgh; 9. Renate Myburgh.
- 9mm oor 10m: 1. Hannes Ingram; 2. Gerrie Bester; 3. Calie Brown; 4. Ivan Maddison; 5. Suzette Herrer; 6. Renate Myburgh; 7. Donovan Day; 8. Gerhard Myburgh.
Suzette is dan ook die skut van die dag met 37 punte gevolg deur Gerrie Bester (35) in die tweede plek en Calie Brown (32) in die derde plek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’