MOSSELBAAI SKUTSNUUS - Die Neill Calitz-skietklub se eerste skietbyeenkoms van die jaar het die afgelope Saterdag in mooiweer plaasgevind. Hoewel die ligte windjie die skuts se skietvermoë deeglik getoets het, is goeie prestasies nogtans behaal.
Die top skuts het uitsonderlik goed presteer en mekaar goed opgedreun. 'n Parekompetisie waartydens twee skuts gekombineer het, is aangebied en het vir 'n interessante dag gesorg.
Willie Germishuys en sy spanmaat, Ivan Maddison, het vir Suzette Herrer en haar spanmaat, Johanna Germishuys, naelskraap geklop.
In die individuele kompetisie was Suzette die uitblinker van die dag met haar twee eerste en drie tweede plekke noemenswaardig. Willie Germishuys en Cali Brown was onderskeidelik tweede en derde.
Nuwelinge het ook goed presteer en veral Sumsodine September met 'n oorwinning in die 10m en Hans Willemse met sy oorwinning in die 10m silhoeëtte het presteer. Kanniedood Gert Nel het in die 20m silhoeëtte geskitter.
Die baanoffisiere van die dag was Willie Germishuys en Danie le Roux. Daleen Nel het haar as rekordhouer onderskei.
Uitslae
Uitslae van die dag se onderskeie kompetisies was:
10m .22: 1. Sumsodine September; 2. Willie Germishuys en Suzette Herrer; 4. Gert Nel en Danie le Roux; 6. Ivan Maddison en Cali Brown.
20m .22: 1. Suzette Herrer; 2. Cali Brown; 3. Danie le Roux; 4. Willie Germishuys; 5. Ivan Maddison; 6. Gert Nel.
20m-spoed: 1. Suzette Herrer; 2. Willie Germishuys; 3. Gert Nel; 4. Ivan Maddison; 5. Hans Willemse en Sumsodine September.
10m silhoeëtte: 1. Hans Willemse; 2. Willie Germishuys, Ivan Maddison, Cali Brown, Gerrie Bester en Suzette Herrer.
20m silhoeëtte: 1. Gert Nel; 2. Suzette Herrer; 3. Willie Germishuys en Johanna Germishuys; 5. Ivan Maddison, Cali Brown, Danie le Roux, Liam Brown en Sumsodine September.
10m 9mm: 1. Cali Brown; 2. Willie Germishuys; 3. Danie le Roux; 4. Suzette Herrer; 5. Johanna Germishuys; 6. Gerrie Bester.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'