MOSSELBAAI NUUS - Na maande van geen deelname weens die Covid-19-inperking nie, was lede van die Neill Calitz-skietklub behoorlik "honger" vir aksie. Skuts het Woensdag, 10 Februarie tydens die klub se eerste skietoefening vir 2021 reeds vroeg by die baan opgedaag vir deelname.
Die inperkingstydperk het egter nie die klub se topskuts, Willie Germishuys, Cali Brown en Suzette Herrer verroes gelaat nie want dié drie het top gehalte skietkuns ten toon gestel.
Dié drie het met 97/100 'n groot uitdaging in die .22-afdeling gestel terwyl Cali met 'n puik 96/100 in die 9mm bobaas was.
Uitslae
Top 10 in .22: 1. Willie, Cali en Suzette (97); 4. Danie le Roux (95); 5. Ivan Maddison (94); 6. Ounooi Bock en Gert Nel (91); 8. Gerhard Myburgh en Liam Brown (87); 10. Sams Samsodine (82).
Top 6 in 9mm: 1. Cali (96); 2. Hannes Ingram (92); 3. Ivan Maddison (88); 4. Gerrie Bester (77); 5. Gert Nel (76); Danie le Roux (74).
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 24 Februarie vanaf 09:00 plaas.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Neill (072 842 4850) of Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'