MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die eerste skote vir die 2021-skietjaar van die Neill Calitz-skietklub sal op Woensdag, 10 Februarie klap.
Skietverrrigtinge vir die nuwejaar word op dié dag met die aanbied van die twee weeklikse Woensdag-skietoefening vanaf 09:00 tot ongeveer 12:00 op die Pienaar-skietbaan hervat.
Lede word versoek om te alle tye die inperkingsmaatreëls by en op die skietbaan na te kom.
Die dra van maskers by die skietpunt is verpligtend en skuts moet by die braaiterrein wag totdat dit hul skietbeurt is.
Klubgelde van R200 per lid vir die jaar by onveranderd.
Vir enige navrae kontak Neill (072 842 4850) of Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'