MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Neill Calitz Skietklub het mekaar tydens verlede Woensdag se skietoefening goed opgedreun en het nie minder nie as drie van hulle gesamentlik bo geëindig.
Eugene, Danie en Gert het elkeen 93/100 geskiet terwyl die ander skuts ook goed gevaar het.
Beste tellings van die dag was: 1. Eugene Barnard, Danie le Roux en Gert Nel; 4. Rob Cumming; 5. Gerrie Bester; 6. Samson Tsotso; 7. Willie Nel.
Saterdag
Die klub se maandelikse skietkompetisie vind môre, Saterdag 5 Mei vanaf 09:00 op die Pienaar-skietbaan plaas. Alle lede is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'