MOSSELBAAI NUUS - Die Neill Calitz-skietklub skop die nuwejaar op Woensdag, 2 Februarie af met die eerste skietoefening vir die jaar. Die klub se eerste kompetisiedag sal op Saterdag, 5 Februarie plaasvind.
Skietoefening en kompetisiedae begin omstreeks 09:00 en duur tot om ongeveer 12:30.
Daar is tentatief besluit om slegs een Woensdag van die maand 'n amptelike skietoefening te hê met die eerste Saterdag van die maand 'n kompetisiedag.
Die rede vir die verandering is dat ammunisie baie duur geraak het en huidiglik ook nie algemeen beskikbaar is nie. Hierdie reëling kan in die toekoms verander of gewysig word na gelang van die beskikbaarheid van ammunisie.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'