Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Jaggeweerskiet het hul jaarlikse skietkliniek die afgelope Saterdag, 29 Februarie op die Wouter de Vos-skietbaan in die Klein-Brakrivier-omgewing aangebied.
'n Rekordgetal van 42 entoesiatiese skuts het opgedaag om van hierdie geleentheid gebruik te maak om nuwe vaardighede te leer of te verbeter.
Die dag is op gepaste wyse geopen en alle nuwe en bekende gesigte is verwelkom. Alle ruste en teikens is deur Eden Jaggeweerskiet voorsien en die vereniging se topskuts het demonstrasies uitgevoer by elke stasie, waarna die deelnemende skuts die tegnieke self veilig kon toepas onder die nodige toesig.
Die dag se verrigtinge is net na 13:00 afgesluit en bestaan die hoop dat die skuts hul nuutgevonde kennis sal gaan verfyn en toepas in die volgende weke se sportskietkompetisies wat aangebied gaan word by onder andere Eden Ope te Louvain-gasteplaas op14 Maart en SJB Wildman-skietdag wat op 28 Maart op Oudtshoorn plaasvind.
Fotogalery: Eden Jaggeweerskiet se jaarlikse skietkliniek
Eden Jaggeweerskiet bedank Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging vir die gebruik van die Wouter de Vos-skietbaan en hulle bydrae tot die groei van hierdie sport.
Die dag se verrigtinge is net na 13:00 afgesluit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'