TUINROETE SPORT NUUS - Eden-jaggeweerskietvereniging skop die 2020-jaarprogram af met 'n kliniek spesifiek gerig op die ontwikkeling van vroue en juniors in die Suid-Kaap-area.
Belangstellendes, wat natuurlik die manne insluit, word uitgenooi om die geleentheid op Saterdag, 29 Februarie om 09:00 by die Wouter de Vos-skietbaan naby Klein-Brakrivier by die Suid-Kaapjagters en Bewaringsverening se fasiliteit by te woon.
Neem iets om te eet en drink saam en genoeg sonbeskermingsroom.
Skietentoesiaste moet hul eie jaggeweer en ongeveer 30 rondes per persoon saamneem en sal dan touwys gemaak word deur die vereniging se nasionale en provinsiale skuts in die staan, sit, kniel en lê posisie wat tradisioneel voorkom by veldskietkompetisies.
Alle ruste en teikens sal voorsien word.
Daar gaan ook op staalplate tot op 350m geskiet word.
Persone wat belangstel kan verder met Edenjaggeweerskiet se lede kontak maak: Junita van Zyl (082 575 9299), Ronel Marx (072 844 1088) of Chisto Delport (079 498 6227) en ook ons FB blad dophou - #Edenjaggeweerskiet EHRSA.
Kom maak van die geleentheid gebruik om meer van skiet se geheime wenke te kry en ook hoe om verder by hierdie sportskiet betrokke te raak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'