MOSSELBAAI SPORTNUUS - In die lig gesien van die huidige toename in die verspreiding van die Covid-19-virus in die Tuinroete, is daar besluit om die Neill Calitz-skietklub se skiet-aktiwiteite, soos die elke tweede Woensdag se skietoefeninge asook Julie se skietkompetisie, vir eers tot einde Julie op te hef.
Jeugdag
Hoewel die meerderheid lede van die skietklub nie meer jeugdig is nie het hulle tydens verlede Woensdag, 16 Junie se tweeweeklikse skietoefening die vakansiedag, Jeugdag, benut om 'n draai by die skietbaan te maak en hul skietvernuf te oefen.
Danie le Roux het soos gewoonlik as baanoffisier opgetree en was reeds vroeg by die baan om alles gereed te kry sodat die skuts 09:00 kon begin oefen.
Twee van die skuts, Suzette Herrer en Calie Brown het beide 99/100 geskiet terwyl Gerrie Bester in hul nekke geblaas het met 'n ewe goeie 97/100.
Calie het met die 9mm net goed presteer deur ook 99/100 te skiet. John du Preez het 'n paar oefenskote met sy geweer geskiet en die lede verbaas met 'n puik 80/100 oor die 20m.
Uitslae
.22 oor 10m: 1. Suzette en Calie; 3. Gerrie; 4. Danie le Roux; 5. Gert Nel; 6. Liam Brown; 7. Willie Nel; 8. Babette Bester; 9. Hans Willemse; 10. Gerhard Myburgh; 11. Rob Cumming; 12. Sumsodine September.
9mm oor 10m: 1. Cali; 2. Gerrie; 3. Hans; 4. Sumsodine; 5. Gerhard.
Vir enige navrae kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'