Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Shotokan karateklub het die laaste week van die Julie-skoolvakansie 'n geslaagde en suksesvolle gashuku (oefenkamp) vir die Mosselbaai dojo aangebied.
Sensei James-Junior Maasberg van die hoofkwartier van Shotokan ZA het spesiaal van Gauteng gekom om die oefenkamp aan te bied.
Sensei Vernon Petersen, 'n plaaslike instrukteur, noem dat die studente baie baat gevind het by die oefenkamp. Die tegniese aspekte en korrekte uitvoering van tegnieke het baie aandag geniet.
FOTOGALERY: Mosselbaai Shotokan karateklub
Studente se begrip en toepassing van tegnieke het, deur sensei Maasberg se passievolle insette, baie verbeter.
"Die vier studente wat by die vorige gradering uitvalle getoon het, is na afloop van die gashuku hergradeer en hulle was hierdie keer, suksesvol. Die verskuiwing na hulle onderskeie nuwe fases het hulle gevul met entoesiasme en sportmangees," vertel Petersen.
"Mosselbaai Shotokan se karatestudente is nou gerat en geolie vir opkomende kompetisies en projekte," sê hy.Aksie gedurnde die oefenkamp op Santosstrand.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'