MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Omgee Rehab het Saterdag, 4 Desember ‘n netbaldag in New Sunnyside, Mosselbaai aangebied. Die doel was om bewusmaking oor dwelmmisbruik onder die aandag van die jeug te bring.
Setchmore Rhoodes van die Mosselbaai-munisipaliteit was teenwoordig en het die toeskouers en spelers bewus gemaak van die 16 dae van aktivisme
Die hoogtepunt van die dag was die bekendstelling van die Omgee Rehab se seunsnetbalspan wat teen die Warriors se seunsnetbalspan gespeel het.
Die toeskouers was in ‘n ekstase omdat dit die eerste keer was dat die Omgee Rehab se seunsnetbalspan ‘n wedstryd gespeel het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'