GEORGE NUUS - Die Monte Christo-rolbalspan is een van talle spanne wat onlangs aan die Hartenbos-besigheidsliga deelgeneem het.
In 2017 het Monte Christo 7de geëindig. In die eerste semester van vanjaar se kampioenskap wat gestrek het vanaf Februarie tot Mei, het die span saam met 27 ander spanne meegeding om die eerste plek.
Slegs die spanne wat in die eerste drie plekke geëindig het, het pryse ontvang. Hoewel Monte Christo nie onder die eerste drie was nie, het een van die spanlede, Alice Maartens, die prys ingepalm vir die meeste touchers.
Die tweede semester begin in September.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'