Spanne, bestaande uit vier spelers elk, het van dwarsoor die Suid-Kaap gekom om te speel en hulle vernuf te wys. Drie taai wedstryde van 14 koppe elk is gespeel en, soos verwag, is uitstekende rolbal opgelewer.
Verder is die spelers, soos altyd, bederf met etes van hoogstaande gehalte soos wat net Mosselbaai se rolbaldames dit kan maak.
Die wenners was 'n span van Hartenbos Rolbalklub bestaande uit Lenie Engelbrecht, Kobus Strydom, Nico van der Westhuizen en Lorraine Strydom. Tweede was 'n Mosselbaai-span bestaande uit Wyndham Moore, Marianne Moore, Gerrit Koorsen en Owen Calverley.
In die derde plek was nog 'n span van Mosselbaai Rolbalklub bestaande uit Annatjie van Wyk, Thys van Wyk, Ernest Mitchley en Elna de Wet.

Die tweede plek is ingeneem deur Owen Calverley, Gerrit Koorsen, Marianne Moore, Catherine (Personal Trust) en Wyndham Moore van Mosselbaai.

Nog 'n Mosselbaaise span was in die voorste plekke. Die span wat die derde plek ingeneem het, is, van links: Catherine (Personal Trust), Elna de Wet, Ernest Mitchley, Annatjie van Wyk en Thys van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'