MOSSELBAAI ROLBALNUUS - Hartenbos-rolbalklub het sy eerste baie suksesvolle Classic op 25 en 26 Mei gehou. Dit was twee heerlike sonskyndae met 24 goeie spanne wat teen mekaar meegeding het. Sommige spanne het goeie rolbal gespeel ander spanne het goeie vriende gemaak.
Spanne was van onder andere Oudtshoorn, Mosselbaai, George, Knysna, Vista (Klein Brak) en Groot Brak. Groot dank gaan aan Koot Lategan en sy span vir die uitstekende toestand waarin die bane was, al die vroue wat weer eens voortreflike eetgoed voorberei het en natuurlik ook Personal Trust wat hierdie toernooi geborg het.
Die wenners van die beker-afdeling was die span van Personal Trust met prof Stadler, Ria, Tom en Martie. Tweede was die span van Koos van Rensburg, Danie le Grange, Anne-Marie Jonker en Rida Lourens.
Die wenners van die plaat-afdeling was die Hartenbos-span van Koos Fourie, Alida van der Wath, Mara van Rensburg en Ewald van der Walt. Tweede was ook 'n Hartenbos-span met Roelf en Susan le Roux en Lieb en Charlotte du Raan.
Wenners van die beker-afdeling saam met klubpresident Pieter Greeff (links) is Ria, Martie, Tom en prof Stadler. Agter staan Hannes Olivier (vise-president).
Tweede in die plaat-afdeling is van links, prof Stadler (Personal Trust), Pieter Greeff (president), Roelf le Roux, Susan le Roux, Charlotte du Raan en Lieb du Raan. Agter staan Hannes Olivier (vise-president).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'