MOSSELBAAI NUUS - Ricardi Matthee, graad 11-leerder van Curro Mosselbaai, het op 29 Januarie aan die Wes-Kaap gewigoptel-kampioenskap in Gordonsbaai deelgeneem.
Hy het in die sub junior-katogorie, seuns tussen 14 en 18 jaar, in die o/66kg gewigsafdeling deelgeneem.
Ricardi het baie goed gevaar en die goue medalje verower met 'n totaal van 337.5kg, opstote (bench press) met 67.5kg, deadlift met 145kg en hurksit (squat) met 125kg.
Hy het sodoende sy plek in die WP-span bespreek vir die SA Classic-gewigoptel-kampioenskap wat 26 Maart op Potchefstroom sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'