TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die Hot Summer of Touch (HSOT) se 2021-reeks het dié jaar weer eens 'n seisoen aan die Wes-Kaap se sonnige suidkus losgeslaan.
Hierdie raakrugbyreeks het verlede week in die Strand afgeskop.
Drie dae voor die groot Kampsbaai-kragmeting het branderplank-fundi en toernooi-omroeper, Deon Bing, vir HSOT-organiseerder Grahame Bobrow na die strand vergesel om die speelarenas af te merk.
Hierdie gebiede word gekies sodat die getye nie spel sal onderbreek nie en voorbereidings word getref sodat alle Covid-19-protokol nagekom kan word.
Met Sondag, 12 Desember se hooggety voorspel vir 10:37, 'n meergladde see en beskermende sandduin, was daar beswaarlik rede tot kommer. Maar 'n verrassing het op die deelnemers gewag. Omstreeks 09:15, kort na die wedstryd begin het, het yslike golwe deur die sandwal begin breek en die speelgebied oorstroom.
Gelykmaker
In 'n ommesientjie is drie speelvlakke met seewater oorstroom. Die besondere situasie het gedien as 'n doeltreffende gelykmaker, aangesien spanne met baie tempo nie hul spoed kon gebruik nie en dus al hul ander vaardighede moes ontgin.
Bobrow prys al die spanne vir kwaliteitspel onder hierdie omstandighede en omdat hulle dit kon regkry om fiksheidsvlakke hoog te hou tydens twee jaar van strawwe Covid-19-inperkings.
Vyf en dertig spanne het vir die Kampsbaai-been van die toernooi geregistreer.
HSOT het op 16 Desember ook op Kleinmond aangedoen, is op 19 Desember op Struisbaai en dan lei alle paaie na die hoofborg se tuisturf toe.
Die hooggety het gedien as 'n doeltreffende gelykmaker.
Beplan jou Great Escape to Mossel Bay op 27 Desember (Diasstrand) en 29 Desember (Hartenbos) om te sien wie in die finale wedstryde gaan koning kraai.
Inskrywings
Spanne kan aanlyn by www.touchrugby.co.za inskryf. Indien die dag se volle spankwota nie gevul is nie, sal laat inskrywings vroegoggend (07:15-08:45) van elke speeldag toegelaat word. Bel of WhatsApp die HSOT Blitslyn by 062 770 6818 met navrae.
Skakel 044 691 2202 of besoek www.visitmosselbay.co.za om jou Great Escape te bespreek.
35 spanne het vir die Kampsbaai-been geregistreer.
Kwaliteitspel is op Kampsbaai gelewer.
Kwaliteitspel in op Kampsbaai gelewer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'