MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se eerste netbalspan het op Vrydag, 22 Februarie na Kaapstad vertrek, waar hulle aan Hoërskool Bosmansdam se netbaltoernooi deelgeneem en gewen het.
Dit was baie warm en windstil in die Kaap van Storms.
Die o/19-spanne het in vier poele gespeel. Punt wen al vier die wedstryde in hul poel. Hul eindig dus eerste in hul poel.
Die uitspeel wedstryde was bietjie taaier en daar was maar weinig rus tussen die wedstryde:
Punt wen 14-3 teen Melkbosstrand en 11-4 teen Parklands. In die finaal wen Punt 15-8 teen 'n baie gedetermineerde span van Fairbairn.
Die skool is baie dankbaar teenoor die eerstespan borge: Just Property, TMK Landmeters en Du Toit Lambrechts Inc.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'