MOSSELBAAI NUUS - Baie goeie skietprestasies is tydens die afgelope Saterdag se pragtige lentedag op die skietbaan opgelewer.
Die Neill Calitz-skietklub se September-skietdag is deur Suzette Herrer ingelui met 'n pragtige 98/100 met die .22 oor 10m.
Sy het dit opgevolg met 'n ewe goeie oorwinning oor die 20m. Johanna Germishuys en Soekie Boshoff was die verrrassing van die dag deurdat hulle onderskeidelik eerste en tweede met die 9mm oor 20m geëindig het en al die manne geklop het.
Ivan Maddison het ook 'n goeie dag beleef met twee eerste, 'n tweede en 'n derde plek. Sy snelvuur oor 20m was 14 punte beter as Suzette se telling in die tweede plek. Alle deelnemers het goed presteer.
Uitslae
10m:
1. Suzette Herrer;
2. Chris Boshoff;
3. Ivan Maddison;
4. Johan Uys;
5. Gert Nel;
6. Willie Germishuys.
20m:
1. Suzette Herrer;
2. Ivan Maddison;
3. Willie Germishuys;
4. Chris Boshoff;
5. Gert Nel;
6. Gerrie Bester.
Snelvuur 20m:
1. Ivan Maddison;
2. Suzette Herrer;
3. Willie Germishuys;
4. Johanna Germishuys;
5. Gert Nel;
6. Soekie Boshoff.
10m-20m silhoette:
1. Ivan Maddison en Johanna Germishuys;
3. Gert Nel, Suzette Herrer en Johan Uys;
6. Gerrie Bester.
20m silhoette:
1; Suzette Herrer, Gert Nel en Johan Uys;
4. Willie Germishuys, Chris Boshoff en Soekie Boshoff.
9mm:
1. Johanna Germishuys;
2. Soekie Boshoff;
3. Willie Germishuys;
4. Ivan Maddison;
5. Chris Boshoff;
6. Gert Nel.
Spanne:
1. Chris Boshoff en Gerrie Bester;
2. Ivan Maddison en Johan Uys;
3. Willie Germishuys en Soekie Boshoff;
3. Gert Nel en Johanna Germishuys;
5. Johan Uys en Suzette Herrer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'