TUINROETE SPORT NUUS - Louvain-gasteplaas was weer gasheer vir die 136 skuts wat aangemeld het vir Eden-jaggeweerskiet se ope kompetisie.
Die kompetisie wat op Saterdag, 16 Maart plaasgevind het begin met koffie en beskuit voor die onthaalsaal waar senior Eden-skut, Johan Fourie die dag op gepaste wyse geopen het.
Na verduideliking van die baanuitleg het die vooraf ingedeelde skuts in groepe na hul onderskeie bane vertrek.
Ses bane met vyf skote elk het vir 'n paar ure die skuts se karakter en deursettingsvermoë op die proef gestel. Kort voor 15:00 het die laaste skote geklap, waarna die samekoms verskuif het na die onthaalsaal. Hier was die broodtafel reeds gedek. Iets koud het ook gereed gestaan vir 'n lafenis.
Voor 18:00 is aangesit en ete bedien waarna die prysuitdeling in alle erns begin het. Pryse is toegeken in die volgende klasse: goud, silwer, brons, vroue, juniors, penkoppe, seniors, veterane en nie-lede.
Ook vir die skuts wat algeheel top 10 op die dag geëindig het, het uitmuntende pryse gewag. Verskeie gelukstrekkings het plaasgevind. In die laaste trekking was 'n junior skut uit Beaufort-Wes se wêreld die trotse eienaar van 'n Sabatti Rover Inox .243-jaggeweer.
Resultate in die interdistrikte kompetisie wat plaasgevind het tussen die mans-, vroue- en junior spanne van onderskeidelik Eden, Kaapse Wynlande en Kaapstad, is:
Mans:
1. Eden Ope
2. Kaapse Wynlande Ope
3. Kaapstad Ope
Vroue:
1. Eden
2. Kaapstad
Juniors:
1. Kaapstad
2. Eden
Uitsonderlike individuele posisies op die dag behaal deur Eden-jaggeweerskiet se skuts is soos volg:
Jacques du Plooy (eerste)
Niaan Fourie (tweede)
Junita van Zyl (vierde)
Christo Delport (sesde)
Manus Moolman (twaalfde)
De Waal Nigrini (veertiende)
Renier van Greunen (sewentiende)
Hans-Willem Moolman (negentiende).
Eden-mansspan: Manus Moolman, Jacques du Plooy, Christo Delport, Niaan Fourie en Leras van Zyl.
Juniors: Anlo Ferreira, Hans-Willem Moolman, Anke Kemp, Marco Marx en Ian Jacobs.
Eden-vrouespan: Junita van Zyl, Anita Butler, Marietha Moolman, Janine Nigrini en Zelda Delport.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'