MOSSELBAAI NUUS - Die hoofdirekteur van die Wes-Kaap provinsiale departement van kultuursake en sport, adv Lyndon Bouah het Mosselbaai besoek met 'n donasie van R200 000.
Die oogmerk is dat die munisipaliteit die fondse sal aanwend vir die bou van nuwe netbalbane in Hartenbos.
Uiteindelik word in die vooruitsig gestel om 'n totaal van ten minste agt netbalbane beskikbaar te hê sodat die dorp nasionale netbaltoernooie sal kan aanbied.
Die waarnemende streeksbestuurder, Wes-Kaapse deptartement van kultuursake en sport, Jean Neethling het die hoofdirekteur vergesel om 'n formele ooreenkoms vir die doel met die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, te onderteken.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'