Ongelukkig was daar 'n bietjie suur by die soet toe die organiseerders een van hul staatsmakers, mev Rocher Lourens, moes groet. Mev Lourens was vir 11 jaar direk by die spele betrokke as organiseerder en het nou uitgetree.
"Baie dankie vir 11 wonderlike jare. Jy was vir ons 'n voorbeeld en staatmaker," het organiseerder mev Marieta Stadler bygevoeg.
Die deelnemers, wat in 21 spanne aan 15 speletjies meegeding het, het 'n heerlike dag met 'n lekker eetdingetjie afgesluit, tot volgende jaar wanneer die kompetisie weer die adrenalien sal laat bruis.

Daar is behoorlik gekonsentreer en goed gemik om seker te maak die ringetjie tref die kol.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'