MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-rolbalklub se jaarlikse presidentsdag was 'n baie groot sukses met 'n totaal van 24 spanne vanaf Vista, Groot Brak, Mosselbaai, Stilbaai, Outeniqua en Oudtshoorn wat deelgeneem het met Outeniqua as die uiteindelike wenners.
Die dag is deur Momentum geborg en groot dank gaan aan Peet Louw en sy span vir hulle teenwoordigheid en die oorhandiging van die pryse.
Dankie ook aan Rina Theron en haar span wat hard in die kombuis gewerk het, Elsabe Malan vir die mooi maak van die tafels en al die kroegmanne wat almal se dors geles het.
Die span van Outeniqua wat die borgdag gewen het, van links: Pierre Stander, Pieter Greeff (president), Matilda Champaud, Eliana Hattingh, Fanie Otto en Peet Louw (Momentum).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'